MY LEWE OP KLIPVLEI – HERMAN RABIE

MY LEWE OP KLIPVLEI – HERMAN RABE

DIE RABE FAMILIE

Die Rabe-familie kom oorspronklik van die Darling distrik waar my Oupa Willem Rabe twee plase besit het.  Gedurende die depressie jare speel hy egter bankrot en die vier seuns wat saam met hom geboer het moes toe n ander heenkome vind.  My Oupa en die twee ouer broers naamlik Pieter en Chrisjan vertrek na die Weskus waar hulle die plase Kleinberg en Uievlei huur en dan ook later koop.

Die twee jonger broers naamlik Daanjie en Jan (Herman Rabe se pa) het vir ander boere gaan werk. Daanjie het in die Hopefield distrik gaan werk terwyl my pa, Jan op Olifantskop, die familieplaas van die Stoffbergs gaan werk het.  So trou beide van hulle later met die twee stofberg dogters.  My pa met Mienie die oudste dogter en oom daanjie met die jongste dogter Nella.

Vroeg in 1937 besluit my pa en oom Daanjie om n venootskap te sluit met met die hulp van hul swaer, Tienie Stoffberg en die broers Pieter en Chrisjan Rabe , huur hulle die plaas Voor Klipvlei van die staat asook n klein plasie, Kalkrug, wat aan die Saldanha dorp grens.  

Hulle boerdery het vinnig vooruit gegaan en gedurende 1939 huur hulle ook die plaas Spioenkop wat aan hulle twee ouer broers se plase grens.  My pa en sy gesin het op die die plaas Voor Klipvlei gebly en my oom Daanjie op Kalkrug en later op Spioenkop.

Ek onthou ook die volgende insidente tydens die tweede wereld oorlog.  Oom Japie Sadie en sy vrou Maraai se woonhuis was ongeveer n 100 tree aan die suidekant van ons huis.  Hulle het 5 kinders gehad waarvan ek die jongste twee kinders goed kan onthou.  James was 1 jaar ouer as ek en Emelia was net so oud soos ek.  Oom Bertie Sadie en sy broer het op Agter Klipvlei geboer.   Volgens wat ek kan onthou was albei oujongkerels en n suster het vir hulle huis gehou.  Die twee woonhuise wat op Voor Klipvlei was, was hoog teen die Moresonkop gelee.  Ek onthou die woonhuis waarin ons gewoon het soos uiteen gesit in aangehegte skets.  Albei die woonhuise was later gesloop om plek te maak vir militere huise.

N OPROEP UIT DIE VERLEDE

En so ontvang ek n oproep van n ene Herman Rabe.  Hy skakel my om te hoor of ek hom nie die militere area wil wys nie want volgens hom het hy hier groot geword. Uit die gesprek kon ek hoor dat die persoon redelik oud moet wees maar ek het nog nooit gehoor van Rabe’s wat hier gewoon het of groot geword het nie. Ek maak toe n afspraak om Herman Rabe die volgende dag te ontmoet.  Stiptelik die oggend 10 uur daag hy op.  Hy stel hom voor en vra of ek hom die plek kan wys want die was baie jare gelede wat hy heir was.

So neem ek hom na Moreson se kant.  Hy vertel dat die grafte die familie van die Sadies is wat vir baie jare hier geboer het. Hy vertel van die plaas Voor Klipvlei and die Plaas Agter Klipvlei wat albei aan hulle behoort het. Hy vertel ook dat die plaas Voor klipvlei later in twee gedeel was. Hy neem my verder teen die Moreson kop uit en wys my n plek waar twee huise gestaan het. Nou ek weetvan die huise maar het nooit geweet presies waar hulle was nie.  Hy haal n foto uit en wys my hoe dit gelyk het. Op die foto kan duidelik gesien word waar die huise gestaan het. Hy vertel my dat hy in die linkerkantse huis gebore was en dat een van die Sadie broers in die huis langsaan gewoon het.

En so ry ons verder om die Moreson kop na Agter Kilpvlei.  So vertel hy dat die gewese golfbaan eintlik die plaas Jakelsfontein was, meer na die dorp se kant was dit Kliprug en meer agtertoe die plaas Middelpos. Hy vertel ook dat die Klipvlei plase in 1930 aan die staat verkoop  was wat die area as militere gebied wou ontwikkel.  Die eienaars het egter woonreg behou met beperkte boerdery aktiwiteite tot 1942.

GEBEURE TYDENS DIE OORLOGSJARE

Hy vertel dat hy nog goed onthou van die soekligte gedurende die nagte wat die ligruim en die aangrense see-areas belig het asook die kanonne wat afgevuur word.  Ook gedurende die dag was kanonskote gedurig gehoor.  Die soldate van die kanonkoppies (Malgaskop en Baviaansberg ) het saans na ons huis gekom vir geselskap.  Hierdie soldate het almal rooi linte gedra. Hy vertel dat hy sy ma verpes het om ook rooi linte op sy klere vas te werk.

Britse oorlogskepe het dikwils die hawe van Saldanha aangedoen om voorrade aan te vul.  Terwyl een van die Britse bote in die hawe gele het (dit was in 1940 of 1941) het een van die offisiere in die namiddae kom perd ry.  Hy het bevriend geraak met ons familie omdat my ma van die min mense was wat engels vlot kon praat ( sy het in 1919 op La Rochelle in die Paarl gematriekuleer waar hulle slegs engels moes praat).

N dag voordat die skip van hierdie offisier sou erug seil na Engeland het hy vir die laaste keep kom perdry en om te groet. By sy aankoms by ons huis het hy my opgetel en voor hom op die saal geplaas en afgery na die plaasdam.  Daar gekom het hy aan my n seilbootjie wat hy self gebou gegee en dit ter water gelaat sodat ek daarmee kon speel.

Die volgende dag hethulle geseil  terug na England.  Ongeveer 4 dae in hule tog terug is die skip gekelder en almal op die skip is dood. N familie lid van die offisier het wat ook met my ma gekorrespodeer het het blykbaar die tyding deurgestuur. 

Gedurende 1942 moes al die gesinne, naamlik die Sadie en onsself, die plase ontruim.  Ons het toe asgevolg van skoolverpilgtinge na n tweede huis op die plaas sioenkop getrek.  My pa het egter n geldige huurkontrak  vir al die Kiplvlei plase met die staat gesluit wat ons toegelaat het om die Agter Kilpvlei gedurende besoeke te bewoon.

Aangesien die hele militere gebied afgekamp was, was toegang slegs by wyse van n permit toegelaat.  My pa moes weekliks die plase besoek en moes elke keer vir sodanige permit aansoek doen. Gedurende vakansie tye wanneer die gesin hom vergesel, moes n permit elke lid van die gesin gereel word.

Die areas naby die geboue en kanonne wat verbode terrein vir almal behalwe die soldate.  Die nuuskierigheid van die jong kinders het die oorhand gekry en so het  ons gekyk watter dae stiller was en dan tussen die bosse opgesluip teen die kop om na die kanonne te gaan kyk.

Omdat ons nie voltyds op die plaas mag bly nie, het my pa vir oom Sarel Oberholzer gekry om na die veekomponent om te sien.  Die plaashuis was verdeel om ons te kon akkommodeer tydens familie besoeke.  So is die grootste deel van die huis op Agter Kilpvlei aan oom Oberhozer afgestaan. My pa het slegs die n slaapkamer en kombuis gedeelte uitgehou as tydelike huisvesting vir wanneer ons die plaas besoek.  Die hele gesien het in hierdie gedeelte gewoon tydens vakansie tye.

Tydens een vakansie het n vragskipaan die westelike kant van die plaas op die rotse geloop.  Party mense het geglo dat  hy gevlug het vir n duitse duikboot.  Ander het weer geglo dat die kaptein hom misgis het met die ingang van die lagoon en dat hy tevroeg gedraai het asgevolg van digte mis.

Die hulp van die polisie en soldate was ingeroep en sodoende het hulle al die bemanning gered.  Die perde aanboord moes ongelukkig van kant gemaak word. Baie van die voorrrade wat die skip vervoer het het op die rotse uitgespoel.  As kind het ek dikwils die ongeluks toneel besoek  en vir maande kon ons nog die oorblyfsels van die skip op die rotse sien.

Ek onthou hoe rolle materiaal vir omtrent (in vandag se taal) ongeveer n kilometer ver op die rotse op gestapel was en ook hoe wrakstukke vanligte vliegtuieook daar beland het.  Alhoewel die uitgepoelde rolle materiaal goed bewaak was het baie tog voete gekry.  Op n Sondag kon mens sien hoe bie mense se kerkpakke gekreukel was as gevolg van die seewater. 

Gedurende die oorlogsjare mag niemand witbrood gebak het nie maar slegs bruin brood.  Die eerste witbrood wat ek geeet het was op die skip die “HMS Vanguard”.  wat die britse koningsgesin na Suid Afrika gebring in 1947. Die skip het op 10 Maart 1947 uit die Kaapse hawe vertrek waar dit nog dieselfde dag in Saldanha voor anker komle het. Die skool waarin ek was het die geleentheid gekry om die skip te besoek. Ons skoolkinders is in groepies met ‘n motorboot na die skip geneem, waar die koninklike gesin se woonkwartiere aan ons gewys is.  Die gesin het op daardie stadium per wittrein deur die land gereis.

Ek onthou ook dat suiker tydens die oorlog jare in groot blikke te kry was. Wanneer sodanige blik oopgemaak was, was daar n proselein bord in die blik.

Na die oorlog het daar twee karkasse by brandewyn baai uitgespoel.

DIE DORP SALDANHA

Ek onthou Saldanha as n klein vissersdorpie.  Die huise was oor n groot area versprei en almal het mekaar geken en geweet waar elkeen bly.  Al die besighede was langs die hoofweg gelee.  Dit was nou die pad agter Klippies dorp (vandag Hoedjieskop). Daar was 6 winkels, twee hotelle naamlik die Hoedjiesbaai Hotel en die Saldanha Hotel, asook n slaghuis en n visvabriek. Verder aan was daar n Poskantoor, Polisiekantoor  en Munisipale kantore.

Die winkel aan die noorde kant van die dorp het aan Mnre Tolken  en Wilsenaar behoort, en aan die suidekant aan Mnre Singer en Jaffe.  Mnre Singer en Jaffe het ook elk hul eie lynvis besigheid bedryf.  Hulle het elk hul eie jetty en klein vissersbootjies gehad.  Die roeibakkies het hoofsaaklik in die baai rond beweeg, terwyl die groter bote met seile om die punt by die eilande kon visvang.  Hulle het hoofsaaklik op lynvis gekonsentreer, maar het ook marsbankers, harders en makriel met nette gevang.  Vars vis is daagliks vanaf die jetties verkoop, terwyl die res van die vis as soutvis verkoop was.  Hulle het ook snoek in seisoentyd gevang en verkoop.  Die visfabrieke het grootliks op sardynvangste gekonsentreer.

Die besigheidsmark het bestaan uit werkers van die visfabriek, die aangresende Vlootgimnasuim , asook soldate van die militere area.  Die boere gemeenskap was maar arm en was aangewese op ruilhandel.  Hulle moes daagliks kos aan hul werkers voorsien, naamlik n gekookte middagmaal en rantsoene vir die oggend en aandmaaltye.  Die rantsoene het hoofsaaklik bestaan uit vars sowel as soutvis, vleis en meel.  Die vis is van die vishandelaars aangekoop terwyl die vleis en meel uit eie voorraad aangevul was.

Die dorp het daardie tyd ook twee laerskole gehad.  Een vir die blanke kinders en die ander een vir kleurling kinders.  Die hoof van die blanke skool was mnr Olivier.  Hy was bygestaan deur sy dogter wat as onderwyseres opgetree het.

Comments are closed.