MY LEWE IN SALDANHA – ERIK WILSNACH

Eric Wilsnach is op 3 October 1937 in Langebaan gebore.

Met my aankoms by Eric was hy besig in sy motorhuis om n skip te bou. Hy vertel dat hy al meer as 50 skepe gebou het. Dit is sy stokperdjie en dit hou hom besig op sy oudag en hy verdien darem ook n geldjie daarvoor.  Hy vertel dat dit ongeveer 3 maande neem om so n skuit te bou.

Hy nooi my in sy huis en wys my n paar van sy skepe wat hy gebou het. Eestens wys hy my die troller wat hy gebou het. Dit het baie waarde vir hom want dit is die skuit waarop hy vir baie jare gewerk het.  Die MISPAH.

Dan wys hy my die walvisjagter wat hy gebou het. N Skip waarop sy pa vir baie jare gewerk het “die Swartberg”.  Sy pa was n visser man en Eric het in sy voetspore gevolg. Sy pa het gewerk by donkergat walvis stasie.  Hy vertel hoe hulle gereeld oorgeroei het met hul bakkie om walvisvleis te gaan koop.  Hulle is net toegelaat om die witwalvis vleis te koop want die ander soort wavisse se vleis was baie duur en nie bekostigbaar nie. Net die rykes kon dit bekostig. Hy verduidelik hoe die walvisse af geslag is. Eers is “repe vet”  van die stert tot kop deur twee manne gesny wat soos hulle sny met n kraan afgetrek is. Hoe die walvis omgedraai is sodat dieselfde proses gevolg kon word. Dan hoe die stert en kop afgekap is en en die res van die vis opgesny word. 

Eric vertel dat daar ses walvis skuite was. Hulle was die Terrier Klas skepe wat in die 1ste wereld oorlog gebruik was en dat die walvisstasie by Donkergat hulle aangekoop het na die 1ste wereld oorlog. Hierdie skepe is almal ombou as Walvisjagters.  Hulle was almal na berge vernoem soos die Swartberg, Helderberg, Tierberg ens.
Hy vertel dat hulle in Parkersdorp groot geword het. Toe die lewe van die hierdie walvisjagterskepe verby was het sy pa twee van die bote uitgesleep tot op die wal in Parkers dorp waar hulle daardie tyd gewoon het. Die Swartberg waarop hy vir jare gewerk het het hy reg voor hulle huis uitgetrek en die ander een, die Paarlberg. ongeveer n 100 meter verder teen die strand op.  Die boot is later jare afgebrand sodat net die kiel oorgebly het. En so het die oorblyfsels oor die jare heeltemal verdwyn. Vandag kan daar nog van die oorblyfsels van die Paarlberg op Blouwaterbaai se strand gesien word. Hy vertel dat sy pa dit gedoen het omdat hy so lief was vir die bote en dat dit as n aandenking sou wees sodat hy die skuit nog vir jare kon sien. 

Noorwese seilboot het hy ook gebou.

Hy vertel dat hulle eers in Langebaan gewoon het. Hy was op Langebaan strandmeer gebore maar later het hulle in Parkersdorp kom woon. Hy was 3 maande oud toe hulle Parkersdorp toe getrek het.  Hy wys my n foto van hoe Parkersdorp in 1945 gelyk het en wys my waar hulle huis was.

Hy vertel my hoe Parkers dorp sy naam gekry het. N ene Mnr Parker was n smous wat oral gesmous het. Hy het hierdie spesifieke area gebruik by met sy besoeke daar in n tent te oornag en het later n hout geboutjie opgerig vir die tye as hy daar moes oorbly met sy besoeke om te smous.

Hy vertel ook dat Saldanha uit n paar verskillende dorpies bestaan het wat langs mekaar gelee was. Saldanha was Saldanha maar n paar ander kleiner plekke wat hulle ook dorpe genoem het was n hane tree van Saldanha.  Dit was White City wat vandag nog White City genoem word. Dan was dit Klippies dorp wat van dag bekend staan as Hoedjies kop. Die Kleurlinge wat daar gewoon het is verskuif na White Ciry. Dan was daar ook Cemetary View. Dit bestaan nie meer vandag nie. Dit is waar die ou begrafplaas is wat die gedeeltes in die omgewing tussen 9de 10de laan insluit vandag.  En dan was daar Parkersdorp. Vandag staan Parkersdorp steeds bekend as Parkersdorp hoewel dit lank meer nie n dorp is nie.  Met die tyd en die ontwikkeling van hierdie plekkies is dit later ingesluit om die groter Saldanha te vorm.

Comments are closed.