DIE TOLKEN EN CARSTENS GESKIEDENIS
En so wys ek n paar historiese fotos van die dorp vir Albie en hy begin my vertel wie en watter plekke dit was. Op die een foto wys hy my die jetty van Mnr Jaffe. Mnr Jaffe was van Joodse afkoms wat die jetty besit het met n vishuis langsaan. Hy het vis gevang gekoop by vissers en dan weer an die dorp se mense verkoop. Hierdie plek is waar die Duikskool vandag is.
Onder andere wys ek hom die foto van die ou Hoedjesbaai hotel en hy vertel my dat die gebou vroeer jare gestaan het op die plek waar die Standardbank vandag is. Hy vertel ook dat die hotel n annex gehad het (Dit is nou kamers waar die mense ingewoon het). Hy vertel my van ant Rene Grimwood (de Jongh) wat in haar vroee jare in die Annex gebly het vir baie jare. Sy het hier gekom as 20 jarige onderwyser om by die laerskool Saldanha skool te gee. Vandag is sy 85 jaar oud en woon steeds op die dorp. Sy is n Saldanha baaier wat op die plaas Ystervarkrug groot geword het.
Hy vertel my verder dat haar broer Haas de Jongh n legende op die dorp was. Hulle familie het die plaas Ystervarkrug besit. Hy het later die plaas verkoop aan Gideon van der Merwe en n huis laat bou in Kusweg waar hy jare gewoon het. Die huis is vandag Janes Guest house.
Die sprake van ontwikkeling het in die laat sestiger jare aan die lig gekom vir n Ystererts hawe vir ystererts uitvoere en verdere ontwikkeling. So het Gideon van der Merwe wat die eienaar was van Anker meubelhuis (dit is iets soos n Lewis Stores) en sy broer Frans wat hulle noem n “tip off” gekry dat die plaas Ystervarkrug is geoormerk vir die ontwikkeling. Hy het toe na Haas de Jongh gegaan en hom R150 000 aangebied vir die plaas en koop dit. In daai jare was dit n kleinhuisie vol geld. Vir meer as 2 jaar sit hulle met die grond en sukkel om die paaiemente en rente te betaal. Maar toe kom Yskor en bied hul R1.5 miljoen vir die plaas aan. En toe is hy n miljoener. Hy was ook die eerste miljoener op die dorp. Hy toe die geld in eiendomme bele onder andere Trekos kraal. Dit koop van eiendom was n manier om die inkomste belasting te onduik. Hy het ook later die stuk grond in vredenburg gekoop soos jy die dorp binne gaan by die Robot kruising aan die kant waar die Huis agentskap ERA en OK meubels vandag is.
Hy het ook die hele hoedjieskop gekoop met die doel om n soort gelyke oord te bou soos Sol Kersner se Sun City . Dit het nooit van die grond af gekom nie.Vandag is hy dood en teleurstellend het hy gesterf met nie n sent op sy naam nie. Hy het sy broers en ander gehelp wat deel was van sy ondergang. Die manier hoe hy geld spandeer het en die manier hoe hy dit gebruik het het hom op die einde van die dag ingehaal. So het hy vele van sy eiendom weens belasting skuld verloor. Vandag behoort die hoedjieskop aan die munisipaliteit en is dit n erfenis reservaat wat omhein is.
Hy vertel ook dat hy weet van baie mense wat baie geld gemaak het maar wat dir verkeerd gebruik het wat tot hul ondergang gely het.
So vertel hy my dat sy oupa Willem Tolken van Piketberg gekom het. Baie van die Tolkens het so tussen Veldrift en Piketberg gewoon maar meer nader aan Piketberg. Sy oupa het na Saldanha gekom terwyl die ander uitgewyk het na die veldrift omdat dit visvang areas was. Dit is asgevolg van die kos uit die see dat die weskus dorpe se ontwikkel het. Baie mense het hierna toe gekom om n bestaan te maak. Vis is op verskillende maniere gemaak om te eet onderandere gedroog waarvan bokkoms baie populer was. Baie mense het ook hulle eie groente tuintjie gehad terwyl ander koring by die boere bekom het en dan die koring gemaal het om brood te bak. En omdat n mens nie net alleen van vis en brood kon leef nie
Hy vertel dat hy as 13 jarige seun saam met sy ander twee maats in die sestiger jare na skool in die middae n roei bootjie, of n bakkie soos hulle dit daai tyd genoem het, gehuur het om makriel by die blinders te gaan vang.Volgens hom was die baai vol makriel. Daar was so baie dat as jy n bietjies aas in die water gegooi het, het honderde makriel na die oppervlak gekom wat dan baie maklik net met n blink hoekie gevang was. Hierdie makriel is dan aan oom Murry Smit verkoop teen 1 sent per makriel. Sodoende het hulle hule huur van die bakkie betaal en die res was sak geld.
Die bakkies waarmee hulle die makriel gaan vang het is by oom Murry Smit gehuur. Hy het n klomp bakkies gehad wat wat so in stringe aan mekaar vasgemaak in die water gele het wat hy uitverhuur het. Hy het ook in daardie tyd die grootste kreef fabriek gehad asook sy eie jetty. Hierdie jetty was aan die linkerkant van die Klipgebou. Oom Smit het n stoor en n koelkamer daar gehad.
Hy vertel dat die skuite wat kreef gevang het met nette en makriel as aas gewerk het
Hy vertel ook dat Tat Williams, die pa van Henry, Abie en Godfrey Williams die skipper van n klein blou skuit was met die naam van Ingred. Hy het elke oggend vir Ingred “Op gestart’ n string bakkies ongeveer 20, elkeen se kreef nette ringe op, aan haar vasgemaak en dan uit gevaar na die eilande. Op elke bakkie was 2 persone wat dan hul bakkies self losgemaak het as hul by die oes areas gekom het. Die nette is dan elkeen 10 per bakkie laat sak in die see. Elke net het ook n boei aan die punt van die lyn gehad om te sien waar die net is as dit opgetel word. Na n sekere tyd word die nette een vir een uit die water na bo getrek om die kreef uit te haal. Aas sakkies is dan weer vol aas gemaak en die net word dan weer gesak. Die proses het herhaaldelik plaas gevind totdat in die middae waarna die bakkies ingekom het met hul vangste. Elke bakkie se kreef is dan geweeg en so is hulle dan betaal. Die Skipper mnr Williams wat die bakkies gesleep het, het ook sy betaling ontvang na gelang die hoeveelheid kreef wat daardie dag gevang was.
Makriel daardie jare was volop maar dit was beskou as aas nie as eetvis nie. Hulle het dit gebruik om kreef te vang. Die Sardyn wat gevang was en wat as eetvis beskou was is alles geblik.
Vandat mense hier op Saldanha kom woon het was daar maar altyd n te kort aan vars water omdat Saldanha geen natuurlike varswater riviere of spruite gehad het nie. Soos die populasie gegroei het het die aanvraag na water ook gegroei. Sy oupa Tolken het toe gesien dat daar n moontlikheid is om vars water en olie wat ook toe in aanvraag was na die dorp toe begin bring vanaf die Kaapse hawe per boot. Hy het nie self die dromme water en olie per boot gebring nie maar n skipper aangestel om vir hom te werk. En dit is waar alles vir die familie begin het.
Uit die winste het hy toe n winkeltjie op die dorp begin bedryf. Dit was n algemene winkel wat alles wat nodig sou wees vir die huis verkoop soos suiker, parafien,tabak ens. Dit was n toonbank winkel gewees. Dit het beteken dat alles wat jy wil koop is oor die toonbank vir jou gegee. Jy kon nie soos vandag se winkelsingaan en dit van die rakke afhaal wat jy wil koop nie. Hierdie winkeltjie was gelee waar Pizza world vandag is. Reg oorkant die BP Garage. Agter die winkel was n huis waarin hulle ook gebly het. Sy oupa het later van jare n ander huis oorkant die Total Garage gebou. Beide hierdie geboue is vandag nog in gebruik.
Hierdie winkel het baie goed gegroei en sy oupa het toe n Petrol Garage reg oorkant die winkel laat bou. En so het hy die Garage aan oom Swanepoel verhuur. Hy het petrol verskaf en motors gediens. Hy het ook die eerste bus aangeskaf en n busdiens ingestel om die kinders na die skool in Vredenburg te neem.
So het sy oupa later jare n stuk aangebou aan die winkel en besluit om n slaghuis oop te maak. Dit is waar die slaghuis begin het. Mnr Jaffe’s het ook later jare n slaghuis in Westwater gebou bedryf wat sy oupa oorgeneem het. Maar hul grootste oppisissie was die slaghuis in Vredenburg. Dit was bedryf deur oom Daan van Zyl. Sy kinders het hom help om dit te bedryf.
Hy vertel ook van ou tanie Marie Wilson wat ook n winkeltjie gehad het waar Frank se Hardeware winkel vandag is. Dit was vroeer jare n huis met n voorstoep. Die winkel is van die voorkant van die huis bedryf. Hulle het toe later jare oorgetrek na waar Check In vandag is. N Groter winkel was voor aan die huis gebou wat tot ver agter tot amper teen die see strek het. Die huis het ook baie kamers gehad watt sy dan uit verhuur het. Die plek was amper soos n losieshuis met winkel voor aan.
Hy vertel dat hy en sy ouma Josy lang gesprekke gehad het oor daardie jare. So het sy hom vertel dat n jong Arend Jaffe, hier in Saldanha aangekom met net die klere aan sy lyf en n stok met n bondeltjie goed oor sy skouer. Hy het blykbaar gevlug van die duitse aanslag op jode. Hy het by die winkeltjie aangekom en gevra of hulle nie n werk vir hom het en n slaap plek nie.
Sy seun Mannie Jaffe het ook die eerste apteek in Vredenburg oop gemaak.
En so het hy later sy familie en oom Arend Singer na Saldanha gebring.
Die jode wat sy oupa gehelp het het later van tyd die vis by mense begin opkoop. Die is dan gedroog om te verkoop of te ruil. Hy het die vis aan die begin in n sak oor sy skouer geloop na die boere se plase en dit dan geruil vir eiers melk ens. Hy en oom Arend Singer het toe later n winkel gebou. Dit het later die grootste Algemene stoor op Saldanha geword. Dit was gebou waar die Protea Hotel se konferensie saal vandag staan. Hulle het dan ook later die grootste huis hie op die dorp gebou. Dit was n dubbel verdieping huis en was in die vorm van n perde skoen gebou en in binnekant was n groot binne hof. Die boonste verdieping was kamers en die hele huis het n stoep reg rondom die boonste vlak gehad. So het meeste van die Joodse mense wat in Saldanha aangekom het hulle dan hier gehuisves. Hierdie huis is later van jare gesloop deur die munisipaliteit.
Arend Jaffe het ook later die langs die algemene winkel n slaghuis aangebou. Dit was aan die linkerkant van die Westwater gebou. Vandag word die Slaghuis gedeelte gebruik die Raymond Baard om groente te verwerk en verkoop. Mr Greenwood het ook toe na die dorp gekom. Hy was ook van Joodse afkoms. Hy het toe n groot algemene handelaars winkel daar gebou. Oorkant die pad was die ou poskantoor. Vandag kan net die agterste muur van die poskantoor gesien word wat deel vorm van die muur van die sypaadjie. Hierdie poskantoor was die eerste een. Dit het n grond pad wat voor hom verby geloop het. Hierdie poskantoor is later jare gesloop om plek te maak vir n nuwe teerpad. Die poskantoor het toe geskuif na waar iets vir iets vandag is. Die Silwermans het hierdie gebou gebou.
So het sy oupa besef dat daar nou so baie winkels op die dorp is en dat hy nou sterk oppesisie van die Jode kry. Die sterkste oppesisie vir vars vleis het uit Vredenburg gekom waar oom Daan van Zyl wat n slaghuis gehad het. Almal het n winkel gehad, die Singers, die Jaffe’s en die Greenbergs. So was die Klip gebou in die dorp ook n winkel wat aan Kallie Huisamen behoort het. Die laaste persoon wat n winkel daar gehad het was Kallie Steenkamp. Dit is toe dat sy oupa besluit om sy besighede uit te brei. Hy kan onthou dat oom Swanepoel op daardie stadium die Garage by my oupa gekoop het.
Op n kol na sy oupa Tollie se dood het die Arend Jaffe en die Singers gesin besluit om terug te gaan Israel toe aangesien die in daardie staduim veilig sou wees. Die winkel wat hulle besit het was wyd uitgebrei maar het nie so goed gedoen nie. Hulle kry toe vir Kallie Steenkamp om van die klip gebou op te skuif na hulle gebou. Die Silwermans het toe die gebou oorgeneem. Die huis waarin die Jaffe en Singers gesinne gebly het is net so gelos na hul vertrek na Israel. Die plek het toe n blyplek geword vir bergies eb bos slapers en dis ook hoe n brand in die plek ontstaan het. Die vuur was geblus en hoewel dit n Historiese monument kon wees het die munisipaliteit besluit om die huis te stroop.
Hy het toe n groot winkel en n huis gebou. Dit is die gebou en huis is vandag regoorkant waar die Standard Bank vandag op die hoek is. Hy het terselfde tyd n groter slaghuis gebou. Dit is waar die haar salon vandag is in die hoof straat oorkant die klip gebou. Die populasie het toe ook vinnig begin groei. Dit was alles te danke aan die Vloot en later die Akademie wat hul hier kom vestig het. Met die bou van die nuwe slaghuis en nuwe winkel het hy die slaghuis gedeelte en winkel wat aan die huis gebou was weggevat en na die nuwe geboue verskuif.
Hierdie nuwe winkel het n toonbank gehad. Dit is waar die mense bedien was. Langsaan was n trap waarmee mens in die winkel kon gaan. Dit was die eerste klere winkel in Saldanha.
So het oom Kosie Rabe was n klerk wat by die Spoorwee gewerk het kaartjies verkoop aan passasiers. In daardie jare was daar ni treine nie maar stasie busse. Dit was n groot trok met n passasierswa agter aan gehak. So het hierdie trokke die mense na Hopefield,Malmesbury en Kaap toe vervoer. So het oom Kosie Rabe baie tyd tot beskiking gehad en vir my oupa gevra vir n los werk en so het hy dan agter die toonbank begin help. So het oom Kosie die winkel oorgekoop vir n sekere bedrag nadat oupa Tollie aan n hartaanval dood is in 1956. Hy het die winkel gekoop en toe dit begin bestuur en die winkel se toonbank verwyder en die eerste selfhelp winkel in Saldanha begin. So het oom Kosie Rabe die winkel tot baie hoogtes geneem. Hy het later jare soos die winkel geroei het die huis langs die winkel begin gebruik as n stoor. Hy het later jare n agent geword vir Rex Truform. N besigheid wat pakke klere gemaak het. So het hy ook later die Militere Akademie van hulle klere voorsien.
Hy se dat oom Kosie het ook met baie lof van sy oupa gepraat op sy begrafnis. Hy was n groot gees, n belese man met diep sieninge. Hy het ook n groot sin vir humor gehad. Omtrent al die mense het rekeninge gehad.
Net voor oom Willem Tolken se dood het hy die winkel met die huis oorkant die straat verhuur. Die winkel is verhuur aan n Valerie wat toe n haar salon daar bedryf het. Dit is waar die Pizza World vandag is. Die huis aan die agterkant van die winkel was behoue gebly en was ook uitverhuur.
Toe sy oupa dood is het die kinders gesit met die huis wat agter die winkel gebou was met die twee winkels voor. Hulle het ook die winkel langs die polisie stasie, die Slaghuis (waar die haar kapper Salon Ben) vandag is. Sy oupa het ook n “deal” met mnr Jaffe gehad wat ook n slaghuis in die Westwater gebou gehad het en dit so oor geneem en bestuur. So sit hulle toe met die twee slaghuise, die gebou langs die polisie stasie en die plaas Brak Fontein wat ge-erf moes word want dit was alles in die boedel. Sy oupa het ook twee huis in Kampstraat gehad. So het die kinders besluit dat die beste persoon van die kinders om die besighede oor te neem en bedryf sou dan sy pa en ma wees aangesien sy pa n gekwalifiseerde gesondheids inspekteur was in Frazerburg. En so kom hulle toe Saldanha toe en trek in een van die twee huise wat in Kusweg was.
Sy pa het na hulle aankoms net in die slaghuise belang gestel en nie in die ander winkels nie. Die winkel is toe vir Oom Kosie Rabe teen n baie redelike prys gegee en die plaas Brakfontein is ook verkoop.
Dit is dan ook besluit dat die eiendom wat sy oupa besit het onder die kinders te verdeel. Sy broer Bill Tolken n prokureur wat in die Kaap woon het gehelp met die verdeling van die geboue onder die kinders.
Die Garage was soort van verkoop aan oom Swanepoel. Hy het gebly reg oorkant die poskantoor se gebou die 3de huis van die hoek. Die eerste huis op die hoek het aan Arend Jaffe behoort die tweede aan die Eigelaars en die derde
aan oom Swanepoel. Hierdie huis is reg agter Albie Carstens se huis. Op hierdie plot was n stoor waar oom Swanepoel sy twee busse gestoor het waarmee hy die skool kinders skool toe gery het.
Hy vertel ook dat sy oupa die plaas Brakfontein besit het. Dit is op die pad tussen Saldanha en Vredenburg. Dit is waar die kleinhoewes “Imoya” vandag is. Hy vertel dat sy oupa n geweldige klompa bloekom bome geplant het amper soos n plantasie. Die bome kan vandag no gesien word op die plaas. Dit is langs Scots kwekery op pad na Vredenburg. Die bome was eers in jam bilkkies geplant en toe hul groter word, het hy hulle daar in rye geplant vir koelte bome.
Hy vertel ook dat sy ouma hom vertel het dat hulle gedurende die oorlog tyd hulle n sekere tyd in die aand die kerse in die huise uitblaas. Nerens mag lig geskyn het nie aangesien die weermag bang was dat die duitser hulle sou aanval. Hierdie oorlog het die Suid Afrikaners laat besef hoe belangrik Saldanha eintlik is en dat dit moes beskerm word. Met dit het daar toe baie mense na Saldanha begin trek.
Hy vertel van Parkers dorp waar die Wilsnachs gewoon het. Hulle het vis met die net gevang. Van die manne het op die strand gesit en die see dopgehou vir vis. Hierdie manne was “Spotters” genoem. Wanneer hulle dan die vis ‘gespot “ het is die vis net van die strand in die see geroei met n boog om weer op die strand te land dan het almal die net help uit trek met die vis in.
So het oom Willem Loubser ook hierheen gekom en by die vloot begin werk. Hy het later van die vloot basis getrek. Oom Willem loubser het daardie jare as voorman in konstruksie by die Vloot gewerk. Hy het toe na sy oupa Tollie gegaan en geld geleen om n “lorie” te koop. So het my oupa hom die geld geleen waarmee hy toe n Studiebaker Lorie gekoop het. So het hy die lorie by Tok Hoffmann by Huisamen Motors in die Paarl want dit was die naaste motor handelaar. So het hy die lorie gebruik om allerande goed vir mense rond te ry. So onstaan daar toe n probleem by die munisipaliteit met die wegry van nag emmmers. In daardie dae was daar nie spoel toilete soos vandag nie. Elke toilet het n emmer gehad wat daagliks verwyder mos word. So het my oom Tollie oom Willem gevra of hy nie belangstel om dit ook te doen nie. En so het oom Willem dit begin doen.
So het oom Tollie ook vir hom gehelp om die eerste melkery op die dorp te begin. Dit was langs die Swemmer en Levin gebou in die dorp. So het hy melk begin aflewer by die huise met Bedford bakkies. Een van die bestuurders van die bakkies van oom Willem werk vandag hier nog by Cartol en is dan ook die hoof drywer van Cartol se trokke wat vleis in die Kaap aflewer.
Toe op n kol het hulle drie slaghuise gehad. Dit was hulle eie slaghuis “Tolken Slaghuis”, die een wat Arend Jaffe gehad het “Jaffes Butchery” wat bedryf was deur die Swanepoels, en dan ook die “Saldanha Slaghuis”. Hy vertel hoe hy as seuntjie middae na skool na die Saldanha slaghuis gegaan het waar sy ma gewerk het om sy huiswerk te doen. Die drie slaghuise het hulle bedryf vir n hele paar jaar tot sy pa in die vroee sewentiger jare besluit om die slaghuise saam te smelt on sodoende net een groot slaghuis te bou.
So het hy en sy broer Bill Tolken wat n prokereur was in die Kaap grond begin soek om die slaghuis te bou. Dit is ook in daardie staduim dat die ontwikkeling van die hawe begin het. Hulle het toe ook besluit om n belegings maatskappy te stig met die naam “Cartol Belegings”.
Hy vertel dat agter die Tolken slaghuis gebou wat destyds in die ou hoofstraat was, wat vandag n haarkapper is het sy pa-hulle die grond ge-oormerk vir die nuwe slaghuis. Daar het n huis op gestaan waarin die priester van die St Andrews kerk gewoon het. Dit het ook dan nou so gekom dat die regering die grond ont-eien het van die Anglikaanse kerk en aan die poskantoor gegeeom n sentrale daarop te bou. Die groot wit huis met sy minnatokka bome daarop is toe gesloop om die sentrale wat vandag daar staan op te bou. Hy vertel dat dit bestuuring is dat hulle nie die grond kon koop nie want dit sou n groot fout gewees het want al die besigheid was in die hoofstraat.
Dit is ook toe dat hulle die grond waarop Cartol vandag staan gekoop het. Die grond het behoort aan Kalie Jonker wat n gesiene top bouer in die dorp was. Op die grond het hy n groot stoor gehad waar hy al sy bou materiaal gestoor het. Sy pa het besluit om die grond te koop want hy het geweet dat die dorp het weg van die see kan uitbrei. So het die bou van Cartol in 1980 begin. Sy pa het in 1981/82 sy broer wat n aandeelhouer in die besigheid was uitgekoop omdat sy seuns die besigheid begin bestuur het. N probleem het kort daarna ontstaan in die sin dat Cartol n slagpale gekort om hom van vleis te voorsien. Toe het sy pa wat op die raad gedien het gesien dat dat daar drie slagpale aan die weskus was waarvan die een by Benguela was. Die dorp het toe begin uitbrei en die slagpale moes toe toegemaak word.
Na vele briewe en woorde het sy pa dit reg gekry om n lisensie te bekom om n slagpale te bedryf. Die grond is toe buite die dorp in die nywerheids gebied bekom en n slagpale is gebou. Hy wys wys my die uitnodigings kaartjie vir die opening van die slagpale wat soos volg lees; “Hiermee word u vriendelik uitgenooi na die opening van die Cartol slagpale deur die adjunk minster van landbou Mnr Gert
regering het toe begin met die desentralisasie van gebiede waar geld beskikbaar estel is vir nyweraars. So het die regering ook geld beskikbaar gestel in Saldanha weens die bou van die hawe en die ontwikkeling in die dorp. So is die Nywerheids Ontwikkelings Kooperasie gestig wat die geld vir hulle geleen het om die slagpale te bou. Hulle het ook ansoek gedoen vir desentralisasie konsessies wat beteken het dat as hulle n sekere verminderede presentasie sou kry op terug betaling van die lening as hulle die teikens sou bereik wat daar gestel was deur die Nywerheids Ontwikkeling Kooperasie. So is die Cartol beleging binne 10 jaar klaar betaal.
Hy vertel dat sy pa twee keer burgermeester van Saldanha/Vredenburg was. Hy vertel ook dat sy pa een van die stigters lede van die Sake Kamer was. Hy se dat die visie wat sy oupa Willem gehad het om die maatskappy te groei is oorgedra van geslag tot gealsg en dit word tot vandag toe toegepas. Sy en sy broer se kinders is die derde geslag wat die maatskappy in die toekoms sal bestuur
Hy vertel van die groot Kersner here huis wat n privaat huis was. Die huis was gebou op die area waar die Spar vandag staan. Die eerste tennisbane in die dorp het aan die huis behoort. Dit was iets groots. Die eerste swembad in die dorp was by die Silwermans se huis bokant die Saldanha Hotel gebou. Hy vertel hoe hulle as kinders toestemming gaan vra het om te mag swem.